Observer Daller
Malies in Limpopo hokkiespanne
Laerskool Marble Hall se hokkiespelers het in verskeie Limpopo hokkiespanne deelgeneem.
Hokkiespelers van Laerskool Marble Hall het aan die Noordelike streektoernooie deelgeneem.
Die Limpopo o/13B dogterspan het vierde geëindig by die o/13 Noordelike Streektoernooi in Potchefstroom. Balu Skosana was deel van die span.
Die Limpopo o/12 Sekhukhune dogterspan het 16de geëindig by die o/12 Noordelike Streektoernooi in Krugersdorp.
Onder leiding van me. Ronel Borchers, het Aratwa Phasha en Morategi Phasha as deel van hierdie span uitgedraf.

Die Limpopo o/12 Capricorn seunspan het 13de geëindig by die o/12 Noordelike Streektoernooi in Krugersdorp. Lethabo Aphane het deel uitgemaak van hierdie span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
