Observer Daller

Twee vas vir koperdiefstal

Gunmar het twee verdagtes vasgetrek vir diefstal van koperkabels.

Sondagmiddag omstreeks 16:50 het Gunmar se reaksiebeamptes inligting ontvang van twee verdagte persone wat koperkabels by ’n besigheid in die taxihalte van Groblersdal gesteel het.

Hulle kon daarin slaag om beide verdagtes vas te trek, nadat hulle kon vasstel dat die koperkabels uit ’n kragboks by dié besigheid gesteel is.

Daar is ook ’n bout- en kantsnyer in die verdagtes se besit gevind.

  • Die verdagtes is aan Groblerdal polisie oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button