Observer Daller

Nóg reën op pad

Die Groblersdallers kan regmaak vir nóg ’n bietjie reën hierdie week.

Met die drukkende, bedompige weer wat vandag in die Vallei gevoel kon word, kan daar sommer geraai word dat ’n reënbui nie te vvr vorentoe verwag kan word nie. Daar is egter net ’n 25% kans vir reën volgens die weervoorspelling.

Die maksimum temperatuur het vandag 33°C bereik, maar sal teen vanaand afkoel tot 16°C.

Die kwik sal teen môre (Dinsdag, 7 Oktober) bietjie daal, met AccuWeather wat voorspel dat die maksimum temperatuur 31°C sal bereik. Daar is ook ’n 66% kans vir reën teen laatmiddag en donderstorm word op plek-plek in die omgewing verwag. Die temperatuur sal ook teen laataand daal tot by 14°C.

Woensdag sal dit weer lekker sonnig en warm in die Vallei wees met ’n maksimum temperatuur van 32°C en ’n minimum van 14°C.

Teen Donderdag word daar weer reënbuie en wydverspreide donderstroms in die omgewing verwag. Daar is ’n 55% kans vir reën met die maksimum temperatuur wat 29°C sal bereik en die minimum 14°C.

Vrydag en Saterdag sal die Vallei se kwik weer styg, met maksimum temperature wat 30°C en 32°C sal bereik en minimum temperature van 16°C en 17°C.

’n Reenbui en wydverspreide donderstorms word laatmiddag in die omgewing verwag Sondag, met ’n 55% kans vir reën. Die dag sal ook meer bewolk wees met laer temperature van 25°C (maksimum) en 17°C (minimum).

Die weervoorspelling dui ook daarop dat die bewolkte weer Maandag sal voorduur, maar word daar slegs 15% kans vir reën voorspel. Die maksimum temperatuur sal 27°C wees, terwyl ’n minimum van 16°C verwag word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button