Observer Daller
K9-eenheid besoek Ben Viljoen
Die polisie se K9-eenheid het ’n onaangekondigde besoek aan Hoërskool Ben Viljoen gemaak.
By Hoërskool Ben Viljoen is die veiligheid van hul leerders en personeel van uiterste belang, dus werk hul voortdurend in noue verband saam met die SAPD om toe te sien dat hul skoolterrein vry van enige verbode middels bly.
Op 5 Augustus het die polisie se K9-eenheid, bestaande uit lede van regoor Limpopo, ’n onaangekondigde besoek aan die skool gebring.
Beide personeel en leerders is verras deur dié professionele operasie.

Die skool is trots om aan te kondig dat daar geen verbode middels op die terrein gevind is nie.
Hoërskool Ben Viljoen bedank adjudant-offisier VJ Makhubu, waarnemende eenheidsbevelvoerder van die K9-eenheid in Dennilton, vir hul samewerking en toewyding aan die gemeenskap se veiligheid.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
