Observer Daller

Groblersdal se kenmerkende hitte is hier!

Swemklere en sonblok word aangeraai vir die kwik wat hierdie week nóg sal styg in Groblersdal.

Die warm Groblersdal son wat reeds vandag die temperatuur tot 35°C laat styg het, is slegs die begin van hierdie week se versengende hitte wat voorspel word.

Die kwik sal teen môre (Dinsdag, 14 Oktober) nog ’n bietjie klim, met AccuWeather wat voorspel dat die maksimum temperatuur 36°C sal bereik. Die temperatuur sal teen laataand daal tot 19°C om ’n klein bietjie verligting te bring.

Woensdag sal weer sonnig en warm wees met die maksimum temperatuur wat weereens 36°C sal bereik. Daar is ‘n 25% kans vie laatmiddag reën, met die humiditeit wat 20% sal wees.

Teen Donderdag sal die temperature effens daal met ’n maksimum temperatuur van 33°C. Daar word weer ‘n 25% kans vir reën voorspel met ’n 6% kans vir donderstorms.

Gedeeltelike bewolkte weer kan teen Vrydag verwag word met die temperatuur wat ’n lekker maksimum van 27°C sal bereik. Teen laatmiddag kan ’n wind van 19km per uur verwag word om die temperatuur te laat daal tot ’n minimum van 14°C.

Saterdag sal die wind bedaar en die wolke sal verdwyn vir ’n meer sonnige dag waar die maksimum temperatuur 32°C sal bereik.

’n Bedompige, warm dag word Sondag verwag, met temperature wat 32°C sal bereik. Teen laatmiddag kan reënbuie en donderstorms in gedeeltes van die area verwag word met ’n 75% kans vir reën.

Die reënweer sal voortduur teen Maandag met ’n bewolkte dag en 55% kans vir reën. Die temperatuur styg net tot 25°C.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button