Observer Daller

Groblersdal: Stop-en-ry op N11 voor Royal Palm

Motoriste wat tussen Groblersdal en Marble Hall reis, word gewaarsku dat ’n stop-en-ry net buite Groblersdal opgerig is en verkeersvloei kan beïnvloed.

Daar is op verskeie WhatsApp-groepe gewaarsku dat ’n stop-en-ry net buite Groblersdal op die N11 net voor Royal Palm opgerig is.

Dit is klaarblyklik opgesit deur ’n sub-kontrakteur wat vir die raadgewende ingenieur opmetings doen vir moontlike opgraderings aan die N11 tussen Groblersdal en Marble Hall.

Padverbruikers wat die roete ry, word gewaarsku om stadiger te ry in dié area.

Volgens mnr. Willie Oosthuizen (DA wykraadslid) is die opmetings byna klaar, en sal die stop-en-ry nie lank die verkeersvloei beïnvloed nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button