Observer Daller
Hoërskool Ben Viljoen grootpraters by Interhoër Redenaarskompetisie
Hoërskool Ben Viljoen se grootpraters het aan die Interhoër Redenaarskompetisie deelgeneem by Hoërskool Frikkie Meyer.
Die Daller-sprekers het met selfvertroue en insig die beoordelaars van hulle standpunte oorreed.
Emma-Lee van der Westhuyzen verwerf ’n tweede plek in die voorbereide afdeling vir junior Huistaalsprekers, terwyl Princess Moema ’n tweede plek verwerf in die junior Eerste Addisionele Taal-afdeling.

Tebogo Mathunyane het tydens hierdie kompetisie ’n derde plek in die junior Eerste Addisionele Taal-afdeling verwerf.
Beide die junior- en senior redenaars eindig in die derde plek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
