Observer Daller

Twee beseer in Vaalfonteinpad-ongeluk

Twee persone het geringe beserings opgedoen in 'n ongeluk op die Vaalfonteinpad, 15km buite Groblersdal.

’n Toyota Land Cruiser en ’n Volkswagen Fox Caddy bakkie was vanoggend (Vrydag) omstreeks 05:50 in ‘n ongeluk betrokke op die Vaalfonteinpad, 15km buite Groblersdal.

Volgens Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, is die pad baie nat en donker gewees. “Die oorsaak van die ongeluk is egter onbekend, maar volgens inligting van ooggetuies het die Toyota bakkie agter in die Volkswagen bakkie vassgery, waarna die Volkswagen bakkie se bestuurder beheer verloor het oor die voertuig,” sê Maidment.

Die Volkswagen bakkie het gerol en langs die pad tot stilstand gekom.

A damaged blue pick-up truck is crashed into a wire fence on grass, with a broken roadside pole beside it. A parked white vehicle is in the background.
Die Volkswagen Fox Caddy wat tydens die ongeluk op die Vaalfonteinpad gerol het. Foto: Verskaf.

Twee insittendes van die bakkie het geringe beserings opgedoen, waarna hul na Groblersdal Hospitaal vervoer is vir mediese behandeling.

Die insittendes van die Toyota is nie in die ongeluk beseer nie.

Maidment maan motoriste om versigtig te ry op die nat paaie en sê dat daar nog baie reën voorspel word.

Lees ook: KYK: Pad verspoel tussen Marble Hall en Roedtan

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button