Observer Daller

Groblersdal: Verkeersligte wat af is kan verkeer beïnvloed

Twee verkeersligte in Van Riebeeckstraat in Groblersdal, wat buitewerking is, kan dalk verkeer beïnvloed.

’n Verkeerslig by die vierrigting in Van Riebeeckstraat en Tauteslaan, naby die Groblersdal Landdroshof, wat al ’n paar dae nie werk nie, het reeds ’n impak op verkeer. Nou is daar egter nóg ’n verkeerslig in dieselfde straat by Van Riebeeckstraat en Noordlaan, naby Vleismark, wat buitewerking is.

Street view with traffic lights that’s not in working order, a white pickup truck in the center, and shops lining both sides. A Nando's sign is visible. Clear sky above.
Die verkeerslig op die hoek van Van Riebeeckstraat en Noordlaan is buitewerking. Foto: Janine Saayman.

Dit kan moontlik ’n verkeersvloei-probleem veroorsaak, veral tussen 06:30 tot 09:00 en weer vanaf 17:30 tot 18:30.

Motoriste word gemaan om van alternatiewe roetes gebruik te maak, indien moontlik, om hierdie verkeerslig te vermy, veral tydens spitstye.

Padverbruikers word gevra om versigtig te wees, aangesien motoriste geneig is om nié die verkeersreël na te kom dat as ’n verkeerslig nie werk nie, voertuie moet stop.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal: Passop, verkeerslig buitewerking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button