Observer Daller
Groblersdal: Liggiefees en Kerkmark bied kers-gees
Die jaarlikse Liggiefees by die Hervormde Kerk in Groblersdal het hierdie jaar gesorg vir ekstra kersgees met ’n aandkerkmark!
Die Hervormde Kerk in Groblersdal was behoorlik getooi in kersliggies hierdie jaar en hul jaarlikse Liggiefees het reeds op 5 Desember afgeskop met ’n aandkerkmark.
Die aandkerkmark het gesorg vir groot kersgees, asook smullekker kos, drinkgoed, speelgoed, lekkernye, tuisgebak, handgemaakte artikels, parfuum en sommer allerhande ander oulike produkte vir kersgeskenke!
Die Liggiefees het reeds geëindig, maar volgende jaar beoog die Hervormde Kerk in Groblersdal om die Liggiefees nóg groter en beter te maak.









Lees ook: Marble Hall: Liggiehuis hou oop aande!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
