Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen: Johandré is fotografie-afdeling wenner

Die wenners van die fotografie-afdeling van Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal se Kultuurfees is bekend gemaak.

Johandré Klopper is vanjaar as die algehele wenner in die fotografie-afdeling van Hoërskool Ben Viljoen se Kultuurfees aangewys.

Die fotografie-afdeling het hoofsaaklik gehandel oor vreugde, en wat elke fotograaf as vreugde interpreteer.

Nadat die leerders hulle foto’s ingehandig het, is die tema egter in onderafdelings ingedeel, naamlik: Portretstudies, landskappe en diere.

Hoërskool Ben Viljoen het vanjaar ’n rekordgetal deelnemers gehad, met uitstaande foto’s wat die onafhanklike beoordelaars behoorlik laat kopkrap het om ’n wenner in elke kategorie aan te kondig.

Die wenners is as volg:
• Algehele wenner (gebaseer op mees indrukwekkendste foto’s as geheel): Johandré Klopper.
• Portretstudies: Tiago Fernandes (eerste), Chanté van Aswegen (tweede) en Theto Tlomatsana (derde).
• Landskappe: Juané van Stryp (eerste), Mieke du Toit (tweede) en Dehané van der Merwe (derde).
• Diere: Mieke du Toit (eerste), Kyra Hancke (tweede) en Marthinus Dreyer (derde).

Smiling girl in a white school uniform stands against a stone wall. The uniform has a badge and logo. Her hair is tied back, conveying a friendly and confident tone.
Mieke du Toit. Foto: Verskaf.

Lees ook: Groblersdal: Ben Klok ingewy

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button