Observer Daller

Groblersdal: Ben Klok ingewy

Nog ’n nuwe tradisie by Hoërskool Ben Viljoen! Die Ben Klok is ingewy by die skool se Gedenktuin in Groblersdal.

Die Ben Klok is met trots by Hoërskool Ben Viljoen se Gedenktuin ingewy – ’n simboliese toevoeging tot die skool se ryk tradisie en geskiedenis.

Die klok is deur die Uitvoerende Raad van 2025 opgerig en is vir die eerste keer gelui tydens die Graad 12 klokluiseremonie.

Hierdie besondere oomblik het ’n diep betekenis vir elke leerling ingehou. Die klok se helder klank het simbolies die einde van die matrikulante se skoolloopbaan aangekondig en die begin van ’n nuwe hoofstuk in hulle lewens ingelui.

Die Uitvoerende Raad het met hierdie projek ’n blywende nalatenskap geskep wat vir altyd deel sal wees van die skool se tradisies, nes die Titanic Klok wat vanaf 2007 in die skoolsaal gebruik is tydens klokluiseremonies.

Die Ben Klok sal voortaan jaarliks gebruik word tydens klokluiseremonies vir beide graad agt en graad 12 leerders.

Hoërskool Ben Viljoen is trots op hierdie toevoeging tot die Gedenktuin, ’n ruimte wat reeds die skool se waardes van eer, tradisie en trots weerspieël. Die inwyding van die Ben Klok is ’n herinnering dat elke Daller se tyd hier waardevol is en dat die klank van die klok getuig van ’n geskiedenis wat voortleef.

Die skool bedank almal wat by hierdie projek betrokke was.

Lees ook: Kaylee by Eisteddfod

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button