Hoërskool Ben Viljoen personeel ontvang toekennings
Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal se personeel het weereens bewys dat hulle die beste is op talle vlakke.
Die Groblersdal Kring se Uitnemendheidsprysuitdeling het plaasgevind, waartydens Hoërskool Ben Viljoen se personeellede toekennings verwerf het.
Met betrekking tot 2024 se NSS-eksamenuitslae het die volgende personeellede toekennings ontvang:
• Me. Comien Booyse in Rekeningkunde behaal ’n eerste plek.
• Me. Sanel Griesel en me. Christine Coetzee in Wiskunde ’n tweede plek.
• Me. Anrelene Smit in Toerisme ’n eerste plek.
• Me. Christel Durie in Tegniese Wiskunde ’n eerste plek.
• Me. Menanteau Roos in Engels Eerste Addisionele Taal ’n eerste plek.
• Me. Rina Greyling in Afrikaans Huistaal ’n eerste plek.
• Me. Christelle Nieman in Verbruikerstudies ’n derde plek.
• Me. Marianda van Jaarsveld en me. Marelize Wessels in Rekenaartoepassingstegnologie ’n eerste plek.
• Me. Hannelie Erasmus in Engels Huistaal ’n eerste plek.









