Groblersdallers: Brandstofpryse gaan af!
Verligting vir die inwoners van die Vallei - die nuwe jaar begin genadiglik met ’n vermindering in brandstofpryse!
Valleiers word genadiglik bietjie gespaar met die nuwe petrol-, diesel- en verligtingsparaffien pryse wat vandag (Woensdag) verminder het.
Ons almal weet Januarie-maand kan voel soos drie maande in een maand, maar hierdie vermindering in brandstofpryse, sal hopelik Januarie ’n makliker maand maak.
Suid-Afrika se brandstofpryse word maandeliks aangepas en beïnvloed deur beide plaaslike en internasionale meganismes, insluitend dat Suid-Afrika beide ru-olie en klaarprodukte teen ’n wêreldwyd vasgestelde prys invoer. Belangrike kostes, soos versending en verspreiding, word ook in ag geneem.
Die brandstofprysaanpassings vir Januarie 2026 is soos volg:
• 93 loodvrye petrol (ULP) en loodvervangingspetrol (LRP) daal met 62c per liter.
• 95 petrol (ULP en LRP) daal met 66c per liter.
• Diesel daal met R1.50 per liter.
• Verligtingsparaffien daal met R1.10 per liter.
• Die Enkel Maksimum Nasionale Kleinhandelprys vir verligtingsparaffien daal met R1.48 per liter.
• Die Maksimum Kleinhandelprys van Vloeibare Petroleumgas (LPG) styg met 21c per liter en 23c per liter in die Wes-Kaap.
