Nuwe personeel by Hoërskool Ben Viljoen
Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal het ’n handvol nuwe personeellede by die skool verwelkom as deel van hul span.
Hoërskool Ben Viljoen is trots om vyf nuwe personeellede amptelik by hul skoolfamilie te verwelkom.
Elke nuwe aanstelling bring vars energie, unieke vaardighede en ’n gedeelde passie vir onderwys en die ontwikkeling van hul leerders.
Me. Laré Wood, me. Carmien van Loggerenberg, me. Kara Crouse, me. Kate Snygans en me. Nolene Oberholzer sluit aan by ’n dinamiese en toegewyde span wat streef na akademiese uitnemendheid, karaktervorming en die holistiese groei van elke leerder.
“Met hul kennis, ervaring en entoesiasme is ons oortuig dat hulle ’n waardevolle bydrae tot die skool sal lewer.”
Hoërskool Ben Viljoen wens elkeen van hierdie nuwe personeellede ’n voorspoedige en vervullende tyd by die skool toe.



