Dallers se fokus op Bosveld Interhoër
Hoërskool Ben Viljoen se atlete het hul vooruitsig vir die 28 Februarie Bosveld Interhoër kragtig beklemtoon by die Sonopo Interhoër.
Die gees is hoog en die atlete vasberade, soos gesien tydens Saterdag se Sonop Interhoër teen sterk kompetisie by Hoërskool Lydenburg.
Teen sterk kompetisie van die gasheerskool, Hoërskool Ermelo, asook Hoërskole Middelburg, Rob Ferreira, Bergvlam, Hoër Volkskool Heidelberg en HTS Witbank, het die Daller-atlete gewys dat hulle slaggereed is vir die Bosveld Interhoër wat Saterdag, 28 Februarie, by Hoërskool Ellisras plaasvind.
Die Dallers het uitstekende prestasies behaal by die Sonop Interhoër en sien Hoërskool Ben Viljoen uit na die Bosveld Interhoër!
• Die volle uitslae van die Sonop Interhoër kan in hierdie week (27 Februarie) se uitgawe van die Observer Daller gelees word.










