Observer Daller

Nuwe liedjie uit Marice se pen

Marice de Jager, nou bekend as Marice Middernag stel saam met Jacques Not Jack die nuwe enkelsnit, ‘As die Wêreld Eindig’ bekend.

Marice de Jager maak steeds opslae in die Afrikaanse musiekbedryf.

Sy was deel van Hoërskool Ben Viljoen se klas van 2024 en voorheen deel van die musiekduo Tuimeltrein.

Marice, wat deesdae op sosiale media en musiekplatforms bekendstaan as Marice Middernag, het saam met die kunstenaar, Jacques Not Jack ’n splinternuwe enkelsnit, ‘As die Wêreld Eindig’, bekendgestel.

Marice het reeds vroeër bekendheid verwerf as deel van Tuimeltrein saam met Christian Venter, ook een van Hoërskool Ben Viljoen se oudleerders.
Die duo het aandag getrek met oorspronklike musiek, wat insluit ‘Dis ’n Joke’, ’n liedjie wat hulle self geskryf het en wat groot belangstelling op sosiale media ontlok het voordat dit amptelik uitgereik is.

Jacques Not Jack, met wortels in Pretoria, het op sy beurt reeds ’n stewige aanhang opgebou in die Afrikaanse pop- en rockmusiekkringe. Sy liedjie ‘Aandklas’ het hom wye bekendheid besorg en word gereken as een van sy mees gewilde vrystellings.

‘As die Wêreld Eindig’ is by Alwyn Bekker Studios opgeneem en verwerk. Marice en Jacques het self die lirieke geskryf – ’n bewys van hul kreatiewe betrokkenheid en musikale visie.

Hierdie samewerking bring twee jong kunstenaars se unieke style saam en beloof om ’n vars klank aan Afrikaanse luisteraars te bied.

Die liedjie is nou beskikbaar op YouTube en ander digitale platforms.

Hoërskool Ben Viljoen wens Marice en Jacques alle voorspoed toe met hierdie vrystelling en sien met groot afwagting uit na wat die toekoms nog vir beide in die musiekbedryf inhou.

Lees ook: Hoërskool Ben Viljoen: Waar liefde, respek en vriendskap floreer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button