Ben Viljoeners wys ware Daller-gees
Hoërskool Ben Viljoen se skoolterrein was vir vyf dae gevul met kleur, lag en sterk skooltrots vir Geesvangweek.
Die gees het behoorlik hoog geloop toe Hoërskool Ben Viljoen onlangs sy jaarlikse Geesvangweek gehou het. Die leerders het oor vyf dae hul kreatiwiteit en skooltrots met verskeie prettige temas uitgeleef.
Die week het afgeskop met die gewilde Anything but a School Bag-dag, waar leerders hul boeke in alles van wasgoedmandjies en inkopiemandjies tot kruiwaens skool toe gebring het. Twins Tuesday het daarna die skoolterrein gevul met identies geklede ‘dubbelganger’”.
Met Dallers on Fire was die skool in rooi, oranje en geel gehul, terwyl Teacher Thursday vir groot vermaak gesorg het toe leerders soos hul gunsteling onderwysers aangetrek het.
Die week is feestelik afgesluit met groen en goud, Dibba Swarra en ’n sterk gevoel van Daller-trots.
Na afloop van die Geesvangweek was alle oë op die Bosveld Interhoër gerig wat by Hoërskool Ellisras plaasgevind het.






•Die volle artikel kan in hierdie week se Observer Daller gelees word.
