Observer Daller

Groblersdal: Vrou brand los op plaasaanvaller

’n Vrou moes skote aftrek uit selfverdediging toe drie plaasaanvallers Maandag in haar huis rondgesluip en een op haar afgeloop het met ’n wapen.

Drie verdagtes het Maandag in die vroeë oggendure by ’n huis ingegaan en was dit nie vir die feit dat die vrou nog wakker was nie, sou dinge dalk anders verloop het.
Die gebeure het afgespeel in die Kalkput-omgewing, agter Rooiboskloof, naby Groblersdal.

Cindy van Dyk weet steeds nie hoe hulle in haar huis gekom het nie en is gelukkig deur haar honde gewaarsku.

Sy het gaan ondersoek instel, waarop een van die gewapende aanvallers direk op haar afgelop het. Sy het instinktief gereageer en skote gevuur, waarop die boewe gevlug het.

• Lees die volle verhaal soos Cindy die nag se traumatiese gebeure kan onthou op bladsy 3 van hierdie week se Observer Daller.

Lees ook: Slaggat-geteisterde pad kry uiteindelik aandag

Storie aangepas

• Die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het intussen bevestig dat die aanvallers steeds op vrye voet is en die ondersoek voortduur. Hy het ook gesê dat niemand in die voorval beseer is nie.

Persone met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek, kan die ondersoekbeampte, sers. Jappie Skosana kontak op 082 318 9642 of die naaste polisiestasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button