Observer Daller

Noem-Noempie vier suksesvolle derde gholfdag

Kleuterskool Noem-Noempie se derde jaarlikse gholfdag by Marble Hall was die grootste nóg, met sterk ondersteuning van spelers en borge.

Kleuterskool Noem-Noempie het Saterdag hul jaarlikse gholfdag by die Marble Hall Gholfbaan aangebied – en vanjaar se geleentheid het alle verwagtinge oortref.

Dit was die kleuterskool se derde gholfdag en het weereens bewys dat die projek jaarliks groei, met uitstekende ondersteuning van spelers en borge wat hande gevat het om die dag ’n sukses te maak.

’n Besonderse en prettige toevoeging vanjaar was dat elke speler ’n paar kouse ontvang het in hul welkom-pakkie. Hierdie unieke element het nie net vir ’n tikkie humor gesorg nie, maar het ook bygedra tot die feestelike atmosfeer, met spelers wat die kouse met trots op die baan gedra het.

• Die volle artikel en uitslae kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gesien word.

A group of five people stand smiling in a festive setting. They wear coordinated blue shirts and black bottoms. Behind them is a colorful blue and green balloon arch.
Christien de Klerk (kleuterskoolhoof), A.J. Barnard, Stephane Coleman, Raymondt Coleman en Lehan Barnard.
Five people smiling, standing closely together indoors. They are casually dressed in short-sleeved shirts and shorts. Background features blue and green balloons.
Christien de Klerk (kleuterskoolhoof), Marnus Fleischman, Suné Fleischman, Inge Knoetze en Joe Botha.
A woman and a man smiling while shaking hands at an event. The background features a decorative arch of blue and green balloons, with gift bags visible.
Christien de Klerk (kleuterskoolhoof) en Johnny Maritz.
A golfer swings a club on a lush green course, wearing a striped polo and blue socks. A golf cart and cloudy sky are in the background, conveying focus and action.
Joseph Kempen.
A golfer in mid-swing stands on a lush course, wearing a navy shirt, black shorts, and blue socks. The sky is overcast, suggesting a calm yet focused mood.
Jandré Eksteen.
Three women stand smiling under a tent labeled "Electrateq Bearings & Seals" on a grassy field. They are wearing sports attire and colorful socks.
Marlie van Helsdingen, Christien de Klerk (kleuterskoolhoof) en Rita Schlesinger.

Lees ook: Groblersdal: Vrou brand los op plaasaanvaller

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button