Observer Daller

Padwerke sluit bane in Herefordstraat – wees versigtig

Een baan is tans oop in Herefordstraat, Groblersdal, terwyl padwerke voortduur – verwag vertragings.

Motoriste in Groblersdal word gemaan om uiters versigtig te wees terwyl padwerke tans in Herefordstraat (N11) voortduur.

Die dubbelbane vanaf die N11 na Herefordstraat en die middedorp is tydelik gesluit, wat reeds ’n merkbare invloed op die verkeersvloei het. Tans is slegs een baan van die teenoorgestelde rigting oop vir verkeer wat vanaf die N11 na die dorp beweeg.

Konstruksiewerkers is sedert vanoggend besig met die herstel van slaggate op dié gedeelte van die pad, tussen Steers by die Sasol-vulstasie en Groblerlaan.

Padtekens is opgerig en padwerkers reguleer die vloei van voertuie, terwyl hulle motoriste aanwys waar dit veilig is om te ry.

Padgebruikers word versoek om hul spoed te verminder en ekstra waaksaam te wees, aangesien die werksaamhede tot vertragings kan lei.

Motoriste word verder aangeraai om hul reistye aan te pas waar moontlik, veral tydens spitstye, om onnodige frustrasie te voorkom.

• As jy weet van ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ’n WhatsApp (met ’n foto of video, indien moontlik) na 082 575 7016.

Lees ook: Groblersdal: Warm en vogtige week met reën op pad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button