Observer Daller

Kragonderbreking Donderdag in dele van Groblersdal

’n Paar strate in Groblersdal word geraak deur munisipale elektrisiteitsopgraderings wat Donderdag plaasvind.

Inwoners van Groblersdal word ingelig oor ’n beplande kragonderbreking wat Donderdag, 16 April, in sekere dele van die dorp sal plaasvind.

Die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit het ’n openbare kennisgewing uitgereik waarin bevestig word dat die onderbreking deel vorm van ’n beplande opgradering van die elektrisiteitsvoorsiening in die dorp.

Die areas wat geraak word, sluit in: Ockert-, Kruger- en Buitestraat. Kragtoevoer in hierdie gebiede sal tussen 08:00 en 18:00 onderbreek word.

Die munisipaliteit waarsku dat alle munisipale elektriese netwerke te alle tye as lewendig beskou te word gedurende die onderbrekingsperiode, aangesien herstelwerk en opgraderings aan die gang sal wees.

Verder is daar gemeld dat die datum en tyd van die onderbreking kan verander, indien onvoorsiene omstandighede sou opduik.

“Ons vra verskoning vir enige ongerief wat veroorsaak word en waardeer die gemeenskap se samewerking terwyl ons werk om dienslewering te verbeter,” lui die kennisgewing.

Inwoners word aangeraai om die nodige voorsorgmaatreëls te tref en hul daaglikse aktiwiteite betyds te beplan om ontwrigting tot die minimum te beperk.

Lees ook: Donderstorms tref Groblersdal vanaf Donderdag

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button