Observer Daller

Koeler, nat dae voor droër naweek

’n Vogtige en nat week lê voor vir Groblersdal inwoners.

Inwoners van Groblersdal kan hul sambrele nog vir ’n paar dae byderhand hou, aangesien nat en onstuimige weerstoestande tot later in die week verwag word. Die kans op reën en donderstorms sal egter teen die naweek bedaar.

Dinsdag: Warm, vogtig en onstuimig

Vandag (Dinsdag) begin met warm en vogtige toestande en ’n bietjie sonskyn, maar sal geleidelik oorgaan na bewolkte weer. ’n Paar buie en ’n donderstorm word later vandag verwag.

Die maksimum temperatuur sal 29°C bereik, terwyl die minimum tot 17°C daal. Daar is ’n 96% kans op reën en ’n 58% kans op donderstorms deur die dag. Teen die vroeë aand neem die kans op reën toe tot 100%, met donderstorms wat tot 60% kan styg.

Woensdag: Wydverspreide buie en donderstorms

Bewolkte en vogtige toestande sal Woensdag voortduur, met buie en donderstorms wat meer wydverspreid raak.

Die maksimum temperatuur sal 25°C bereik en die minimum 15°C. Die kans op reën staan op 95%, met ’n 57% kans op donderstorms. Teen die aand sal die weer steeds bewolk bly, met enkele donderstorms moontlik. Die kans op reën daal effens tot 83% en donderstorms tot 50%.

Donderdag: Koeler met ligte buie

Donderdagoggend kan daar nog plek-plek donderstorms voorkom, waarna die res van die dag oorwegend bewolk sal wees.

Die maksimum temperatuur sal net 19°C bereik, met ’n minimum van 14°C. Die kans op reën daal tot 55%.

Vrydag: Plaaslike buie hou aan

Vrydag kan dele van die gebied in die oggend ’n donderbui ervaar, maar die dag sal verder bewolk bly.

Die maksimum temperatuur sal 20°C bereik, met ’n minimum van 14°C. Daar is ’n 55% kans op reën deur die dag, met verspreide buie wat ook teen die aand verwag word.

Naweek: Droër en warmer toestande

Die weer begin teen die naweek verbeter.

Saterdag sal meestal bewolk wees, met ’n maksimum van 22°C en ’n minimum van 12°C, maar geen reën word verwag nie.

Sondag bring gedeeltelike sonskyn en warmer toestande, met temperature wat tot 27°C kan styg en ’n minimum van 14°C in die aand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button