Observer Daller

Insekte steel die kollig by CVO Marmer

’n Opwindende insekte-aanbieding het CVO Marmer-leerders nuwe feite oor bestuiwing en ekosisteme geleer.

Eco Pilots South Africa het ’n opvoedkundige sessie oor insekte aangebied vir die leerlinge by CVO Marmer.

Tydens die instappie het leerders meer geleer oor die belangrike rol wat insekte in die omgewing speel. Van hoe insekte leef tot hoe hulle help om die natuurlike balans in die ekosisteem te handhaaf, is geleer.

A young girl in school uniform smiles while holding a small insect in her hands, surrounded by classmates in a bright, cheerful classroom setting.
Annemieke Kruger.

Die interaktiewe aanbieding het aan leerders die geleentheid gebied om nuwe feite te ontdek en op ’n praktiese manier meer te leer. Insekte speel ’n sleutelrol in prosesse soos bestuiwing en die afbreek van organiese materiaal, wat noodsaaklik is vir ’n gesonde natuur.

Volgens die skool was die besoek nie net opvoedkundig nie, maar ook baie pret, en het dit leerders weer laat besef hoe wonderlik en kompleks die natuur is.

A woman gives a presentation on insects to attentive children seated on colorful chairs. A screen displays insect graphics, creating an educational atmosphere.
Eco Pilots aanbieder, Chané Gouws.

Die dag het ’n blywende indruk op die leerders gemaak en hulle met ’n groter waardering vir die klein wonders van die skepping gelaat.

A person in a navy blue school uniform holds a scorpion in their palm, smiling confidently. The background shows a spacious room with other people.
Mia Kelder.

Lees ook: Smake van die wêreld by Klouter Klitsies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button