Impala Citrus bou saam aan CVO Marmer se toekoms
’n Plaaslike borgskap bring nie net styl nie, maar ook trots na CVO Marmer.
CVO Marmer se personeel spog met splinternuwe hemde.
Die skool het hul opregte waardering uitgespreek teenoor Impala Citrus wat saam bou aan CVO Marmer se toekoms.
Volgens die skool beteken die ondersteuning baie vir beide die personeel en die breër skoolgemeenskap. Die borgskap dra nie net by tot ’n netjiese en professionele voorkoms nie, maar dien ook as ’n herinnering aan die waarde van samewerking tussen plaaslike besighede en opvoedkundige instellings.

Die skool het Impala Citrus bedank vir hul vrygewigheid en die rol wat hulle speel om die skool se personeel te ondersteun.
CVO Marmer het beklemtoon dat dit ’n voorreg is om deel te wees van ’n gemeenskap waar besighede bereid is om hande te vat en ’n verskil te maak.
“Baie dankie dat julle saam met ons bou aan ons #rotsvas skool se toekoms,” het die skool gesê.
