Ben Viljoen-sportspanne wys staal by NWU streeksfinaal
Hoërskool Ben Viljoen het weer bewys waarom hulle ’n krag in skolesport is.
Hoërskool Ben Viljoen se sportspanne het hul talent en deursettingsvermoë gewys tydens die NWU Skole Streeksfinaal in Potchefstroom, waar top skole van regoor die land meegeding het.

Ten spyte van uitdagende weerstoestande het die Dallers op verskeie sportvelde sterk vertonings gelewer. Seunshokkie, dogtershokkie, netbal, rugby, gholf en skaak het almal deelgeneem aan die kompetisie, met verskeie spanne wat besonder goed gevaar het.

Dié streeksfinaal het talle hoogtepunte opgelewer, met spelers en spanne wat hul skool met trots verteenwoordig het en groot veggees getoon het onder moeilike toestande.
•Die volledige uitslae en prestasies kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.









