Observer Daller
Spannende liga-kragmeting vir Ben Viljoen op tuisbodem
Hoërskool Ben Viljoen se eerste seunshokkiespan het hul ligaveldtog met ’n belowende vertoning op tuisbodem afgeskop.
Hoërskool Ben Viljoen se eerste seunshokkiespan het op 30 April hul ligaveldtog op tuisbodem afgeskop met ’n spannende en mededingende wedstryd teen Capricorn High School van Polokwane.
Die Dallers het van die eerste fluitjie af goeie spanwerk, sterk verdedigende dissipline en deursettingsvermoë getoon. Beide spanne het hard gewerk om beheer van die wedstryd te neem, terwyl Ben Viljoen met verskeie goed opgeboude aanvalle die besoekers onder druk geplaas het.

Ondersteuners kan beslis uitsien na nog sterk vertonings namate die ligaveldtog vorder.
• Die volle uitslae kan in hierdie week se Observer Daller gelees word.

Lees ook: Jong breine skitter by CVO Marmer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
