Observer Daller

Tuisveld-sukses vir Ben Viljoen se hokkiespanne

Hoërskool Ben Viljoen se seunshokkiespanne het ondersteuners met sterk spel en spanwerk beïndruk.

Hoërskool Ben Viljoen se seunshokkiespanne het Woensdag, 6 Mei, op hul tuisveld met oorgawe en spangees teen Hoërskool Warmbad opgedraf.

Ondersteuners is deurentyd op die punte van hul stoele gehou met energieke spel, sterk verdediging en goeie samewerking op die veld. Die Dallers het van vroeg af hul intensiteit gewys en met vasberadenheid hul teenstanders onder druk geplaas.

A field hockey player in a green and yellow uniform focuses intently, preparing to hit a ball with a blue stick on a grassy field under a bright sky.
Bonolo Mashabela.

Die eerste span het met slim aanvalspel en deeglike balbeheer beïndruk, terwyl die o. 16-span ook hul veggees en talent in ’n vinnige wedstryd ten toon gestel het.

Die vertonings beklemtoon die groei en diepte van Hoërskool Ben Viljoen se seunshokkieprogram, met spelers wat nie net vaardigheid nie, maar ook karakter en sportmangees wys.

• Die volle uitslae kan in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller gelees word.

Lees ook: Ben Viljoen se Astro-baan droom word werklikheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button