Mnr. Vreugdenburg vier akademiese mylpaal
Mnr. Johan Vreugdenburg van Hoërskool Ben Viljoen het onlangs sy B.Ed-graad deur die NWU suksesvol voltooi
Mnr. Johan Vreugdenburg, ’n toegewyde onderwyser by Hoërskool Ben Viljoen, het ’n belangrike mylpaal in sy loopbaan bereik toe hy sy B.Ed-graad in Senior Fase en VOO-onderrig suksesvol deur die Noordwes-Universiteit (NWU Pukke) verwerf het.
Kollegas en die skool het hul trots uitgespreek oor mnr. Vreugdenburg se prestasie en beskryf dit as ’n inspirasie vir beide leerders en mede-onderwysers. Sy vasberadenheid om homself verder te bekwaam, dien as voorbeeld van die waarde van lewenslange leer.
“Ons is ongelooflik trots op hierdie mylpaal,” het die skool op ’n Facebook-plasing gesê. “Dit is duidelik dat mnr. Vreugdenburg se toewyding tot sy beroep nie net sy eie groei bevorder nie, maar ook ’n positiewe invloed op sy leerders het.”
Hoërskool Ben Viljoen wens hom alle sterkte toe op die pad vorentoe en glo dat sy passie vir onderrig nog baie vrugte sal afwerp.
