Observer Daller

Ben Viljoen lewer 11 provinsiale rugbyspelers op

Elf Hoërskool Ben Viljoen rugbyspelers is vir Limpopo-spanne gekies en maak gereed vir die Junie rugbyweke.

Hoërskool Ben Viljoen se rugbyprogram vier vanjaar nóg ’n besonderse mylpaal nadat verskeie spelers provinsiale erkenning gekry het.

Altesaam 11 spelers is in die onderskeie Limpopo Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging-spanne opgeneem en sal gedurende die Junie-vakansie die provinsie by verskeie rugbyweke regoor Suid-Afrika verteenwoordig.

Smiling individual in a green blazer and tie against a gray background. The expression is friendly and confident. Emblem on blazer pocket.
Eben Oosthuizen.

Die prestasie onderstreep die gehalte van rugby wat by die skool gespeel word en bevestig Ben Viljoen se reputasie as een van die streek se sterk rugby-kweekskole.

Die spelers het reeds met hul voorbereiding begin toe die Limpopo-spanne vroeër die week teen die Blou Bulle in vriendskaplike wedstryde op Loftus Versfeld te staan gekom het.

Smiling young person in a gray school uniform with an emblem on the pocket, standing against a textured gray background. The tone is cheerful and positive.
Limni-Lu Heswick.

• Lees wie die 11 Ben Viljoen-spelers is wat provinsiale kleure verwerf het en in watter spanne hulle opgeneem is in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.

Lees ook: Oud-Daller mik vir Mnr SA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button