Is hierdie Knoetze ’n leeu of is hy maar net Leo?
Ons sal Saterdagaand weet.
Die jong Middelburgse hokvegter, Bowen Kruger, pak Leo Knoetze in die Barnyard op Vereeniging.
Die eerste vuiste klap alreeds om 17:00.
Dit is deel van die Collideliga en daar is 17 gevegte.
Knoetze is van die Wes Kaap en word beskryf as ’n uitstekende skopbokser wat tegnies baie goed is.
Nadat hy vir twee jaar nie in die kryt was nie, kan verwag word dat Kruger self soos ’n ingehokte dier gaan wees.
Hy oefen hard in Pretoria by die selfde groep waar die oud wêreldkampioen, Dricus du Plessis, ook betrokke is.
Kruger is ’n oudleerling van HTS Middelburg en sy pa, Zane, bekend as yster agsteman vir Middelburg Rugbyklub.