Sport

Pumas se jong span maak skandes teen Griekwas

Het Saterdag in Mbombela kans om te vergoed vir nagmerrievertoning

Die Pumas se o. 21-span het Sondag rugby gespeel wat liefhebbers van die spel in hulle koffie laat verstik het.

Die span het met 38-28 teen Griekwas vasgeval, nadat hy rustyd nog 14-12 voor was.
Dit was egter nie die nederlaag wat skokkend was nie, maar die wyse waarop die span gespeel het. Veral in die tweede helfte was daar nie sprake van enige suksesvolle vaste fasette nie, met veral die vaste skrums en lynstane wat ’n nagmerrie was.

Flank gooi later die bal in

Dit het so erg gegaan in die lynstane dat die flank, Valera Breytenbach, die bal later gaan ingooi het.
Breytenbach was een van die min spelers wat sy hart uitgespeel het. Hy was oral, maar die foute van sy spanmaats het sy poging ongedaan gemaak.

  • Op 12 September speel die Pumas se o. 21-span teen die Limpopo Blou Bulle in Mbombela.
  • Op 19 September speel hulle teen die Griffons, ook in Mbombela, met die eindstryd op 10 Oktober.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button