Sport
KYK: Veteraanfietsryers durf Blue Diamond aan
Wedren lok groot aantal deelnemers, ook van oorsee
Drie van Middelburg Fietsryklub se veteraanfietsryers het Saterdag die Blue Diamond fietswedren voltooi.
Die wedren het by die Willem Prinsloo Museum naby Rayton weggespring en weer daar geëindig.
- Pine Pienaar het die 91 km in 2:57:17 afgelê, met ’n gemiddelde spoed van 30,80 km/h.
- Piet Swanepoel se tyd was 3:00:18 en sy spoed 30,28 km/h.
- Kobie Groenewald se tyd was 3:11:04 en sy gemiddelde spoed 28,58 km/h.
Een van die klub se vrouefietsryers, Mariaan Pieterse, het die wedren in 3:10:52 voltooi en haar spoed was 28,60 km/h.
Daar was ook deelnemers van onder andere Japan, Duitsland en Swaziland.
Die wedren is goed ondersteun.
Daar was ook ’n 65 km-wedren.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!