‘Doring van Despatch’ gaan rugbykliniek aanbied
Graad sewes moet spring om hul plekke te boek.
’n Groot 10’s-rugbydag word op 12 September op die rugbyveld van HTS Middelburg aangebied.
Dit is soortgelyk aan die gewilde Jimmy Stonehouse 10’s wat jaarliks honderde toeskouers en spanne na Mbombela lok.

Maar daar gaan nie net rugby gespeel word nie. Drie rugbylegendes gaan op 11 September vanaf 14:30 tot 16:00 ’n rugbykliniek vir graad sewe-rugbyspelers aanbied. Die “Doring van Despatch” en oud-Middelburger, Danie Gerber, Blitsbok Mac Masina en Springbok-losskakel Elton Jantjes gaan die kliniek aanbied.
KYK HIER: https://www.youtube.com/shorts/cGLU-vBCIVU
Vanaf 17:00 tot 20:00 gaan daar om braaivleisvure gekuier word, terwyl die drie oudspelers rugbystaaltjies deel. Daar is R12 000 op die spel vir die eerste o. 23-span en R3 000 vir die tweede plek in die 10’s-toernooi.

Die toernooi staan bekend as die “Middelburg Old School 10’s” en word bemark as een “waar legendes weer die veld betree”. Spanne kan nog inskryf teen R250 per speler. Vir navrae, skakel Sam Gerber by 084 701 2131 of Jano Venter by 082 372 7933. Gerber was in sy speeldae bekend as die Doring van Despatch.