Video: Ondersoek by Lydenburg Rusoord ná kommer oor bejaarde se versorging

Die bestuur van ’n ouetehuis in Mpumalanga het erken dat berigte en videomateriaal oor ’n inwoner se versorging diep kommerwekkend is.

Twee personeellede van Lydenburg Rusoord in Mpumalanga is tydelik geskors nadat kommer ontstaan het oor die behandeling van ’n bejaarde inwoner by die tehuis.

Volgens Laevelder het die bestuur dié stap in ’n openbare verklaring bevestig en erken dat die berigte en videomateriaal oor die behandeling van een van sy inwoners diep kommerwekkend is.

Volgens die verklaring is alle personeellede wat by die klagte betrokke is, intussen van die inwoner se versorging onttrek.

Kyk die video:

Onafhanklike ondersoek geloods

Rusoord sê die bewerings is op 9 November by die nasionale en provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aangemeld. Die tehuis werk ten volle met die departement se ondersoek saam.

Die tehuis het ook ’n onafhanklike ondersoek deur die Christelike Maatskaplike Raad Mpumalanga laat doen. ’n Geregistreerde maatskaplike werker is aangestel om die klagtes, die versorging wat die inwoner ontvang het en die tehuis se kommunikasie met haar familie te ondersoek.

Volgens die verklaring is die tehuis se rekords, kamerabeelde, perseel en personeel vir die ondersoek beskikbaar gestel.

Die verklaring wat op Facebook gedeel is.

Tekortkominge sal aangespreek word Rusoord sê enige tekortkominge wat deur die ondersoek geïdentifiseer word, sal aangespreek word. Die onafhanklike aanbevelings sal ook gebruik word om moontlike veranderinge aan versorgingspraktyke, toesig en kommunikasie aan te bring.

“Mishandeling, vernedering en rassistiese taal het geen plek by Rusoord nie,” lui die verklaring.

Die verklaring is deur Hans Kelly, die voorsitter van Lydenburg Rusoord, uitgereik.

Die fasiliteitsbestuurder, Ben Liebenberg, is as kontakpersoon vir inwoners, families en ander belanghebbendes beskikbaar gestel.

Ondersoek duur voort

Die ondersoek duur voort, en geen bevinding oor die bewerings is tot dusver in die openbare verklaring bekendgemaak nie.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button