Lifestyle

Heerlike bruintjie-kolwyntjies

Bederf jou gaste en familie met heerllike bruintjie-kolwyntjies.

Genoeg vir 6-8

Bestanddele

  • 110 ml (1⁄3 k + 2 e) sagte botter
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 4 eiers
  • 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) koekmeel
  • 60 g (125 ml) kakao
  • 200 g (2 blokke) donkersjokolade, gekap

 

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n kolwyntjiepan met kolwyntjie papierhouers uit.

  1. Meng die botter, suiker en vanieljegeursel in ’n grootmengbak tot dik en romerig.
  2. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Sif die meel en kakao by en meng deur.
  3. Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker, of vir ’n paar sekondes op die ontvriesstelling in die mikrogolfoond. Laat effens afkoel.Vou die gesmelte sjokolade deur die beslag.
  4. Skep in die kolwyntjiepan en bak vir 20 min. of tot ’n toetspen uitkom met ’n paar klam krummels daaraan.
  5. Laat op ’n draadrak afkoel. Sit met die vinnige, lekker bolaag van die sjokoladepoffertjies voor.

 

Die artikel Bruintjie-kolwyntjies het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button