Lifestyle

Jy kán hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening!

Dit bly maar ’n uitdaging om te oefen as dit nat of koud is, maar as jy eers in die gewoonte is, gaan jy só lekker voel.

 

Boonop keer gereelde oefening dat jy in die koue maande soos ’n mosbolletjie uitrys!

Jy kán gemotiveerd vir oefening bly hierdie winter!

Hier is 10 goeie wenke:

1. Oefen vir iets

Skryf vir ’n wedren in September in en vertel al wat leef en beef daarvan.

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

2. Brei jou klerekas uit

Kry die regte klere vir die weer. Beskou dit as ’n belegging in jou gesondheid.

Lees ook: 6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop

Help, my oefenklere stink! 

3. Teken in vir iets wat jou motiveer

Teken in op ’n oefentydskrif wat jou elke maand aan jou doelwitte herinner.

Jy kán gemotiveerd bly vir oefening bly hierdie winter!

Lees ook: 7 maniere om jou bloeddruk laag te hou

4. Twee (of meer) is beter as een

Kry ’n oefenmaat of sluit by ’n klub aan.

 

Jy kán gemotiveerd bly vir oefening bly hierdie winter!

Lees ook: 8 wenke om in die koue te draf

5. Word wakker met ’n glimlag op jou gesig.

Kies ’n lekker liedjie vir jou wekker, eerder as daardie irriterende wekkerklank. Jy sal makliker opstaan om te gaan oefen.

Lees ook: Die beste wenke vir winterfiksheid

6. Slim warm!

Kry ’n verwarmer met ’n outomatiese skakelaar (jy kan dit afsonderlik koop) wat jou kamer ’n halfuur voor opstaantyd begin warm maak .

Jy kán gemotiveerd bly vir oefening bly hierdie winter!

Lees ook: Hou ’n slaapdagboek om jou nagrus te verbeter

7. Probeer iets nuuts

Kry ’n nuwe oefensoort vir die winter. Kyk na dansoefenklasse, nuwe tromoefeninge, regte danslesse, enigiets om jou aan die beweeg te kry. Hoor by die gim wat nuut en interessant is.

Lees ook: Jy is nooit te oud om fiets te ry nie!

28-dag oefenplan vir beginner-fietsryers

8. Warm op!

Warm op voor jy uitgaan deur rond te spring of vir ’n paar minute op die plek te draf.

 

Jy kán gemotiveerd bly vir oefening bly hierdie winter!

Lees ook: Oorkom die winter blues!

9. Nou is ’n goeie tyd vir lesse

As jy graag ’n driekamp wil doen, is dit die tyd om aan ekstra swemlesse te bestee, of dalk aan Wattbike-fietsryklasse

Lees ook: Oefen só wanneer jy bibber

10. Oefen binne

Regtig te koud buite? Speel harde musiek en kry ’n oefenroetine wat jy in die huis kan doen.

Jy kán gemotiveerd bly vir oefening bly hierdie winter!

Lees ook: “Plank”: Die een oefening wat almal elke dag moet doen

 

Die artikel Jy kán hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening! het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button