3 kinders sterf in botsing onderweg terug ná kerkdiens in Vrystaat
Drie kinders is gisteraand dood en verskeie ander mense beseer toe ‘n voertuig op pad van ‘n kerkdiens naby Viljoenskroon beheer verloor en verongeluk het.
‘n Noodlottige botsing op die R76 naby Viljoenskroon het gisteraand die lewens van drie kinders geëis.
Volgens Sipho Towa, voorsitter van RIMS (Road Incident Management System) en die Vrystaatse Nood Mediese Dienste, het die ongeluk rondom 19:00 gebeur toe die bestuurder van ‘n sewe-sitplek voertuig wat van ‘n kerkdiens in Kroonstad onderweg terug na Sasolburg was, beheer oor die voertuig verloor het. Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie.
Naas die drie kinders wat in die ongeluk gesterf het, het nog twee kinders kritieke beserings opgedoen, terwyl ses ander minder ernstige en ligte beserings opgedoen het. Twee volwassenes is ook beseer.
Die beseerdes is na die PAX gemeenskapsentrum in Viljoenskroon, en die Boitumelo-hospitaal in Kroonstad vervoer, het Towa gesê.
Nooddienste en wetstoepassers was met die skryf van hierdie berig steeds op die botsingstoneel.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za