3 voormalige senior polisiebeamptes in Mbombela-hof oor 1991-moord

n Vals wapenput is glo destyds opgestel om die dood van ’n Mosambiekse informant in Mpumalanga as selfverdediging te verbloem.

Drie afgetrede senior polisiebeamptes, onder wie ’n generaal-majoor, ’n brigadier en ’n kolonel, het na verwagting vandag (24 November) in die Nelspruit-landdroshof verskyn in verband met die moord op ’n Mosambiekse informant in 1991, berig die Laevelder.

Adriano Louis Bambo, ook bekend as Nhassopa of ‘Strongman’, is in Maart 1991 in Matsulu, naby Nelspruit, doodgeskiet nadat hy amptelik uit polisieselle vrygelaat is terwyl hy op verhoor vir gewapende roof gewag het.

Volgens lt.kol. Magonseni Nkosi, woordvoerder van die Valke in Mbombela, is lasbriewe vir die drie verdagtes se inhegtenisneming gemagtig ná ’n uitgebreide ondersoek deur die Valke se eenheid vir onopgeloste apartheidsera-misdade.

Die drie verdagtes is almal voormalige senior lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se Moord- en Roofeenheid. Hulle word verbind met die moord op Bambo.

Die ondersoek is deur die Valke se eenheid vir ondersoeke na misdade uit die apartheidsera onderneem.

“Dit volg op ’n omvattende ondersoek wat daarop gemik was om die waarheid oor die voorval aan die lig te bring en verantwoording te verseker, ongeag die tydsverloop,” het Nkosi gesê.

Tydens amnestieverhore van die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in 2000 het Eugene de Kock, voormalige bevelvoerder van Vlakplaas, getuig dat ’n vals wapenkas (weapon cache) met Oosblok-landmyne en ’n Makarov-pistool vooraf beplan en opgestel is.

Die doel hiervan was volgens sy getuienis om Bambo se dood as ’n ontsnappingspoging of ’n daad van selfverdediging voor te hou.

Ná die WVK-verhore is amnestie aan drie Vlakplaas-operateurs, naamlik De Kock, Dawid ‘Duiwel’ Brits en Daniel Snyman, toegestaan.

Laevelder sal lesers ná die verdagtes se hofverskyning oor die jongste verwikkelinge in die saak inlig.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button