‘7de Laan’ se vervaardiger Danie Odendaal oorlede

Danie Odendaal (77), veelbekroonde vervaardiger van gewilde sepies soos '7de Laan' en 'Egoli: Plek van goud', is oorlede.

Die 77-jarige Danie Odendaal, die veelbekroonde vervaardiger van gewilde sepies soos 7de Laan en Egoli: Plek van goud, is oorlede.

Volgens berigte is Odendaal gisteraand in Langebaan dood, maar die oorsaak van sy dood is nie bekend nie.

Odendaal het in 2019 in Frankryk in ‘n hospitaal aangesterk nadat hy ‘n beroerte gekry het.

Hy en sy vrou Annie Basson besit ‘n huis in Frankryk.

Basson is bekend om haar werk agter die skerms by 7de Laan en is onder meer vervaardiger van die minireeks Daisy (oor die gifmoordenaar Daisy de Melkder) en die enkeldrama Uitdraai.

Odendaal se kollega, Henry Mylne, het in ‘n Facebook-plasing gedeel: “Om saam met Danie aan Egoli en 7de Laan te kon werk was om Charles Dickens aan te haal: ‘The best of times!’ Om Danie se vriend en kollega te wees ‘was the ultimate of times!'”

Deànré Reiners, wie die rol van Shawn Basson in 7de Laan vertolk het, het aan Caxton Local Media gesê Odendaal was ‘’n reus was in ons bedryf’.

“In die tyd wat ek by 7de Laan betrokke was, was Danie al rustig afgetree. Maar sy teenwoordigheid was tasbaar in elke studio. En as jy onseker was, het jy bloot gevra ‘wat sou Oom Daan doen’.

“Die bedryf treur die verlies van ’n ikoon wat lewe in van die gewildste stories op die kassie geblaas het. Hy het soveel lewens geraak met stories wat saak maak.”

Reiners sê die rimpeleffek wat Odendaal se lewe gehad het op die vermaaklikheidsbedryf is onmeetbaar.

“Wees gegroet.”

* Hierdie berig is aangepas vandat dit aanvanklik gepubliseer is.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button