Baberton moordverdagtes in eMalahleni vasgetrek
Een van die verdagtes wat in die Olifantsrivier probeer wegkrup het, is deur ‘n buurtwaglid gevang.
Twee van vier mans wat verdink word van ’n moord in Barberton, Mpumalanga, is gisteroggend in eMalahleni gearresteer.
Een van die mans is deur die polisie gewond in ‘n oor-en-weer skietery terwyl die ander een uit die Olifantsrivier gehaal is waar hy probeer wegkruip het.
Wayne Hattingh van Fidelity Compliance het gesê hy was op pad werk toe, toe hy sien van sy kollegas jaag ‘n voertuig met die polisie kort op hulle hakke.
Die bestuurder van die voertuig het om ‘n draai beheer verloor en die voertuig het in die veld tot stilstand gekom.
Die mans het uitgespring en die veld ingehardloop.
Die reaksieoffissiere van Fidelity Sekuriteit en SAPS het hulle agterna gesit waarop die mans begin skiet het. Die polisie het teruggeskiet en een van die verdagtes in die proses gewond en gearresteer
Hoëveldpark se buurtwagvoorsitter, Frik van Dyk, en Hattingh is die tweede man agterna.
Die man het probeer om in die Olifantsrivier weg te kruip maar Van Dyk het hom agterna gesit en die man gekry waar hy in die riete wegkruip.
Witbank Nuus wag nog op kommentaar van die polisie af.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za