Barberton-man vasgetrek na beweerde voorvalle van bestialiteit
'n Lasbrief is uitgereik om 'n plaas in Mpumalanga te deursoek ná die DBV 'n anonieme wenk en video-materiaal ontvang het oor beweerde dieremishandeling.
Waarskuwing: Die inhoud van die berig mag sensitiewe lesers ontstel.
Hierdie berig is opgedateer met bykomende inligting nadat dit gepubliseer is.
’n 59-jarige man van Barberton in Mpumalanga is in die vroeë oggendure op Jeugdag (16 Junie) in hegtenis geneem op aanklagte van beweerde bestialiteit, berig die Laevelder.
Die man is aangekeer nadat die Nelspruit DBV Saterdag (14 Junie) ’n anonieme e-poswenk oor die beweerde voorval ontvang het. DBV-inspekteurs Lize Pienaar en Michelle Steyn het daarna ’n dringende ondersoek van stapel gestuur.
Volgens Pienaar het die e-pos onder meer beweer dat die man seksuele dade met ’n reunhond gepleeg het.
“Die verslag het ook aangedui dat ’n teefhond aan seksuele mishandeling onderwerp is,” het sy gesê.
Die DBV het ook skokkende video-opnames in hul besit waarin die man glo seksuele dade met die hond pleeg. Volgens berigte het die verdagte self die opnames gemaak.
Maandagmiddag (15 Junie) het ’n landdros in die dorp ’n lasbrief uitgereik om die perseel, ’n plot enkele kilometers buite Barberton, te deursoek.
Tydens die klopjag is ses honde op die eiendom gevind en deur die DBV in beslag geneem.
Dr. Jan Paul Lubbinge, ’n DBV-veearts, het die diere ondersoek. Die polisie het ’n verkragtingstel beskikbaar gestel en DNS-monsters is geneem.
Die verdagte, wie se naam aan Laevelder bekend is, het vroeër vandag (18 Junie) vlugtig in die die hof in Barberton verskyn. Omdat bestialiteit onder die Wysigingswet op die Strafreg (Seksuele Misdrywe en Verwante Sake), wet 32 van 72, val, mag die verdagte se naam nie bekend gemaak word nie.
Hy is op borgtog van R500 vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot volgende Woensdag (24 Julie) uitgestel.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.citizen.co.za