Broers geskiet na onderonsie in Potchefstroom

Die skietery het na bewering uitgebreek nadat die twee broers 'n vergadering met die verdagte gehad het.

*Hierdie berig is aangepas na pulikasie is nadat Chubby Chick ‘n verklaring uitgereik het om sekere bewerings, soos dat die verdagte ‘n voormalige werker was terwyl hy geen verbintenis met die besigheid gehad het nie, in die oorspronklike weergawe reg te stel.

Lees die nuutste berig hier: Broers in Potchefstroom geskiet: Verdagte nie voormalige Chubby Chick-werker

Twee bekende broers van Potchefstroom is Maandag (10 November) by hulle besigheid, Chubby Chick, deur ‘n man geteiken en geskiet na ‘n vergadering.

Jonathan Fourie (52) is tydens die voorval, wat omstreeks 10:30 plaasgevind het, doodgeskiet en sy broer, Deon (55), is kritiek beseer nadat hy na bewering twee keer in die nek geskiet is, berig Potchefstroom Herald.

Deon is na ‘n hospitaal in Gauteng vir mediese hulp gehaas

Kolonel Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het bevestig dat een slagoffer op die toneel dood verklaar is, terwyl nog een na die hospitaal geneem is.

Die 73-jarige verdagte was in vergadering met die eienaars toe hy na bewering ‘n vuurwapen uit gepluk en op die broers losgebrand het.

“Ná die voorval het sekuriteitswagte, wat die skote gehoor het, gereageer en op die verdagte geskiet,” sê Myburgh.

’n Saak van moord en poging tot moord word ondersoek.

“Die verdagte is nie ernstig beseer nie en word onder polisiebewaking is die hospitaal behandel.”

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button