Egpaar van Eggo-grotte in Ohrigstad wreed vermoor

Die polisie sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie in verband met die wreedaardige aanval op 'n egpaar van Ohrigstad in Limpopo.

Die liggame van Hendrik (77) en Anneke Claassen (75) is gister omstreeks 15:00 gevind nadat hulle wreed aangeval is by die hotel by die Eggo-grotte in Ohrigstad.

Werknemers het om hulp geroep nadat hulle volgens Piet Claassen, Hendrik se broer van Middelburg, op die egpaar se liggame afgekom het.

Volgens Piet weet die familie nog nie hoe die egpaar vermoor is nie.

Daar is glo net aan hulle vertel dat werknemers van die Eggo-grotte, wat aan die paartjie behoort het, wreed gemartel is.

“Ons hoor die hele plek was rooi van die bloed, daar was geen genade nie.”

Volgens Piet vermoed die familie dat die moordenaars agter geld aan was, weens die winsgewende bedryf.

Steelburger/ Lydenburg News berig dat niemand tot dusver in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie.

“Die polisie veroordeel hierdie wreedaardige en sinnelose aanval en moord. Ons doen ‘n beroep op enigeen met inligting oor die voorval om die polisie te kontak,” se Luitenant-generaal Thembi Hadebe, polisiekommissaris in Limpopo.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button