‘Kokkedoor’-deelnemer opgespoor en op pad terug Laeveld toe

Talle vrae bly onbeantwoord, maar dit is bevestig dat Mariana Kotze wat in Marlothpark woon, veilig gevind is.

Die 67-jarige Mariana Kotze van Marlothpark, wat sedert Maandag onder raaiselagtige omstandighede vermis was, is veilig en ongedeerd op pad terug huis toe.

Laevelder berig dat hulle met Willem Enslin en Jacques Kotzé wat Kotze in Kempton Park gaan haal het per video-oproep gesels het.

Enslin het gesê dat hulle inligting ontvang het dat Kotze haarself in ‘n gastehuis in Kempton Park bevind.

Lees ook: Nuwe beeldmateriaal wys dat vermiste ‘Kokkedoor’-deelnemer in bus klim

Hy het Morné Minny van die Ekurhuleni Metropolisie se Noordelike taakspan gekontak om Kotze solank veilig by die gastehuis te hou tot hulle opdaag.

Enslin het bevestig dat hy die polisie en ondersoekbeampte in kennis gestel het dat hulle Kotze sou gaan haal.

Net na 16:30 vanmiddag het Laevelder self met haar gepraat en bevestig dat sy ongedeerd is.

“Dit was ‘n lang dag en ek lyk nie op my beste nie,” is al wat sy gesê het.

Kotze is laas op Maandag (2 Februarie) gesien toe sy vir inkopies na Komatipoort vertrek het. Aanvanklike berigte het daarop gedui dat sy moontlik daar gekaap is.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Laevelder redaksie-span

Hierdie berig is 'n spanpoging deur verskeie redaksielede van die Laevelder, 'n gemeenskapskoerant in Mbombela.
Back to top button