Hard news

OPVOLG: Mariana Kotze gevind en op pad terug Laeveld toe

Die SAPD het inligting ontvang dat Mariana haarself in 'n gastehuis in Kempton Park bevind.

Die 67-jarige Mariana Kotze van Marlothpark, wat sedert Maandag onder raaiselagtige omstandighede vermis was, is veilig en ongedeerd op pad terug huis toe.

LEES OOK: Bekende Kokkedoor-deelnemer se verdwyning ruk gemeenskap

Laevelder het met Willem Enslin en Jacques Kotzé wat Kotze in Kempton Park gaan haal het per video-oproep gesels.

Jacques Kotze, Mariana Kotze en Willem Enslin in die voertuig op pad terug Laeveld toe. > Foto: Verskaf

Enslin het gesê dat hulle inligting ontvang het dat Kotze haarself in ‘n gastehuis in Kempton Park bevind. Hy het Morné Minny van die Ekurhuleni Metropolisie se Noordelike taakspan gekontak om Kotze solank veilig by die gastehuis te hou tot hulle opdaag.

LEES OOK: OPVOLG: Nuwe beeldmateriaal bevestig dat Mariana Kotze wel in bus klim 

Enslin het bevestig dat hy die polisie en ondersoekbeampte in kennis gestel het dat hulle Kotze sou gaan haal.

Net na 16:30 vanmiddag het Laevelder self met haar gepraat en bevestig dat sy ongedeerd is. “Dit was ‘n lang dag en ek lyk nie op my beste nie,” is al wat sy gesê het.

LEES OOK: VIDEO: Vermiste Mariana Kotze se motor in Mbombela opgespoor

Kotze is laas op Maandag, 2 Februarie, gesien toe sy vir inkopies na Komatipoort vertrek het. Aanvanklike berigte het daarop gedui dat sy moontlik daar gekaap is.

Die gedrukte uitgawe van Laevelder berig môre (Donderdag) dat Mariana Kotze steeds vermis is. Hierdie aanlyn artikel weerspieël die nuutste inligting en bevestig dat sy intussen veilig gevind is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button