Koningin van die Vaal: Elon Musk se Vaaldriehoekbande

Elon Musk se ma het reeds in 1969 in die Vaalweekblad koerant gepryk.

Of jy nou vir Elon Musk haat of bewonder, byna almal weet wie hy is en dit is alombekend dat hy in Suid-Afrika gebore is. Wat egter minder bekend is, is dat sy ma Maye Musk (gebore Halderman) in 1969 as Koningin van die Vaal gekroon is en dat sy beweer haar prysgeld het gehelp om haar seun destyds oorsee te stuur.

Op daardie stadium was sy ‘n student aan die Noordwes Universiteit (destyds die Potchefstroom Universiteit) se Vanderbijlpark kampus.

Vaalweekblad het in Januarie 1969 ‘n foto van Maye saam met haar eerste- en tweedeprinses, Penny de Beer en Margaret Woodford geplaas.

In 2020 het Maye op Facebook gesê dat die ‘Koningin van die Vaal’ haar eerste skoonheidskompetisie was. Die prysgeld was R100.

Volgens haar het sy die R100 gebruik om in aandele te belê wat sy in 1989 verkoop het  om Elon te help om Kanada toe te gaan.

 

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button