Local newsNews
Raar maar waar… Elon Musk se Vaaldriehoekbande
Het julle geweet die beroemde, of is dit nou berugte, Elon Musk het verlangse bande met die Vaaldriehoek? Klik op die skakel en lees meer...

VANDERBIJLPARK – Elon Musk. Haat hom of bewonder hom, almal weet wie hy is. Min weet sy ma, Maye Musk, gebore Haldeman, was in 1969 gekroon as Koningin van die Vaal.
Op daardie stadium was sy ‘n student aan die Potchestroom Universiteit (NWU) se Vanderbijlpark kampus.
Vaalweekblad het in Januarie 1969 ‘n foto van Maye saam met haar eerste- en tweedeprinses, Penny de Beer en Margaret Woodford geplaas.
In 2020 het Maye op Facebook gesê dat die Koningin van die Vaal haar eerste skoonheidskompetisie was. Die prysgeld was R100.
Volgens haar het sy die R100 gebruik om in aandele te belê wat sy verkoop het in 1989 om Elon te help om Kanada toe te gaan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.