Kyk: Reuse luislang sluk hond in buite Phalaborwa

Dit het brute krag geverg om 'n reuse rotsluislang te vang wat amok gesaai het op 'n plot in Limpopo.

’n Reuse luislang het onlangs ‘n gesin se hond gevang op ‘n plot net buite Phalaborwa in Limpopo.

Oud-Middelburger Fanie Strydom vertel aan Middelburg Observer hoe hulle moes bontstaan om ‘n Suider-Afrikaanse rotsluislang van 3.5m te vang en weer veilig los te laat. Strydom was lank die ondervoorsitter van die Middelburg Herpetologiese Vereniging.

Hy het breedvoerig vertel hoe hy en Carel Jonker al hulle kennis moes toepas om dié sterk slang in moeilike omstandighede moes vang en later losgelaat het. Strydom bly tans in Phalaborwa waar hy die voorsitter is van hulle herpetologiese vereniging. Jonker is die ondervoorsitter.

Strydom vertel dat hulle gekontak is deur Kallie Kruger op ’n plot sowat 8km buite Phalaborwa. Daar is boerbokke, eende en hoenders op die plaas. Kruger het vertel dat die slang iets gevang het.

Die luislang van 3.5m kort nadat hy losgelaat is. Foto: Verskaf

Hy het aanvanklik gedink dit is een van sy bokke wat gevang is, want toe hy die oggend die hek oopmaak het die bokke vreemd opgetree en wou nie uit die kamp uitgaan nie. Hy het rondgesoek aan die buitekant van die bokke se kamp en die luislang tussen die bamboesbosse gewaar.

“Hy het vir my gesê ek moet iemand saambring, want dit is ’n groot slang. Ek het vir Carel saamgevat,” vertel Strydom.

Dit was omtrent ’n onbegonne taak om die slang te vang. “Na seker so 20 minute se stoei in die bos, het die slang opbeweeg in die bamboes en geklim. Daar het ek besef as ons hom nie nou vang nie, gaan ons hom verloor en hy gaan buite bereik wees.”

Fanie Strydom is saam met die slang in die bamboesbos verstrengel.

Strydom het tussen die bamboese deurgedruk en ’n kans gevat en hom agter sy kop gegryp. “Ek het eers ’n selfie geneem terwyl ons bo tussen die bamboes gekoek was,” sê hy laggend.

Jonker het ombeweeg waar Strydom vir hom die kopkant aangegee het om hom veilig te laat sak en in die houer te kry. “Ons was albei papnat gesweet want dit was 40°C met ’n baie hoë humiditeit.”

Carel Jonker met die luislang nadat hy hom aangevat het by Fanie Strydom.

Op daardie tydstip het hulle nog gedink dit is ’n bok wat die knewel van ’n slang gevang het. Hulle was bang dat hy sy vangs sou opbring en het hom toegemaak in die houer, ‘om stres minder te maak vir die slang’.

Hulle moes vinnig ’n plan beraam waar om die slang los te laat en Jonker se vrou, Olive, het begin soek vir ’n geskikte plek vir die slang.

“Terwyl ons gesoek het vir ’n nuwe tuiste, het ek die slang na my huis toe gevat waar ons hom in die kamer gesit het onder die lugverkoeling, sodat hy nie sou oorverhit nie.”

Kort daarna het hulle toestemming gekry om die slang op ’n wildsplaas tussen die klipkoppies en ’n dam los te laat, waar hy maklik sal aanpas.

@middelburgobserver

Monster python believed to have devoured a dog. It was a mission impossible-esque job for the two men to capture the snake.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

  • Daar is intussen verneem dat al die bokke in die kamp is en dat Kruger se hond weg is, wat ’n aanduiding is dat die slang die hond gevang het.
  • Die manne was nog besig om die slang los te laat, toe hulle gekontak is deur ’n lodge in die omgewing met inligting dat daar ’n slang in een van die toilette is. Nadat daar met spesiale kameras ondersoek ingestel is, het hulle die boonste deel van die toilet verwyder en die slang, ’n Mosambiekse spoegkobra, verwyder.
Die Mosambiekse spoegkobra in die toilet wat die manne en Olive gaan vang het.
Olive en Carel Jonker en Fanie Strydom kort nadat hulle die Mosambiekse Spoegkobra gaan vang het.

• Strydom-hulle het verlede week ook ’n Mosambiekse spoegkobra gevang.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Daleen Naudé

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button