Man in aanhouding ná skietdood van 21-jarige buite Witrivier-rugbyklub

‘n Verdagte is in aanhouding in verband met die skietdood van die 21-jarige Pieter Burger jr., wie se dood vroeër dié maand die Witrivier-gemeenskap in Mpumalanga geruk het.

’n Deurbraak is vandag in die ondersoek na die dood van 21-jarige Pieter Burger jr. gemaak, toe Marco Schalekamp (42) in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Jabu Ndubane het bevestig dat Schalekamp in verband met die voorval in aanhouding is, maar hy is nog nie formeel aangekla nie.

Hy sal na verwagting môre, 18 Junie, in die Witrivier-landdroshof verskyn, berig Laevelder.

Schalekamp is tydens dieselfde voorval waarin Burger jr. noodlottig gewond is, ernstig beseer.

Die tragedie het in die vroeë oggendure van 5 Junie by die Witrivier Rugbyklub afgespeel ná ’n skermutseling wat later in ’n skietery by die Danie Joubert-aansluiting ontaard het.

Burger jr., ’n jong veeboer en losvoorspeler vir die klub se eerste span, is glo van agter af geskiet, en ’n koeël het sy hart getref.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is steeds onbekend.

Volgens inligting wat op sosiale media versprei is, beskik Schalekamp oor uitgebreide ondervinding in sekuriteit en militêre opleiding.

Arno van Niekerk, wat ook tydens die voorval geskiet is, is intussen uit die hospitaal ontslaan. Ndubane het bevestig dat slegs een verdagte teen publikasietyd in aanhouding geneem is.

Burger jr. is op Vrydag, 13 Junie, tydens ’n gedenkdiens by Arch & Arrow in Yaverlandweg, te ruste gelê.

Hierdie is ’n ontwikkelende storie en meer inligting sal sodra dit beskikbaar is, gepubliseer word.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button